Jou Domein Name is net so waardevol soos jou Handelsmerke! Print

Met die groei in die omvang van die Internet en met die uitbreidings in besigheid oor die Internet, het domain name van besighede toenemend belangriker geword vir besigheid en handelsmerk eienaars. 

Die meeste besighede beskou steeds hulle domein name van mindere waarde as hulle handelsmerke en handels name. Die beskerming van handelsmerke is groot besigheid en ‘n baie gespesialiseerde veld wat deur prokureurs bestuur word wat spesialiseer in die beskerming van handelsmerke en handels name. Hulle gebruik spesiale tegnieke om die waardevolle handelsmerke van hulle kliente te beskerm deur beskermende handels merke rondom die hoof handelsmerk te registreer. Waarom is dit dan dat die waarde van domein name deur besighede en hierdie spesialiste verwaarloos of onderskat word?

Dit mag wees dat besighede en hulle regs adviseurs steeds Internet besigheid van mindere waarde beskou en daarom domein name as van mindere belang vir hulle besigheid en kliente beskou. U as besigheids eienaar moet nou ook die waarde van u domein naam besef en dit beskerm deur die registrasie van beskermende domein name rondom u bestaande hoof domein naam. ‘n Onlangse hof geding, Mr Plastc versus Mr Plastic & Mining Promotional Goods (PMPG), het weer die klem daarop laat val dat besigheids eienaars hulle waardevolle handelsmerke moet beskerm deur die registrasie van relevante domein name op die Internet. Indien dit nagelaat word, kan dit duur implikasies verder in die toekoms hê vir die besigheid. Sommige regs adviseurs besef nou die waarde van domein naam registrasies en het begin om hul kliente dienooreenkomstig te adviseer. Baie kleiner en nuwe besighede sal groei na groot ondernemings oor tyd en mag genoodsaak word om duur regsgedinge aanhangig te maak om hulle belange te beskerm indien hulle nalaat om hul belange vroegtydig te beskerm.

Die registrasie en hosting van domein name word deesdae goed beheer in Suid Afrika en die eienaarskap van domein name moet deur besigheids eienaars van gelyke waarde geag word as handelsmerke. Fresh Lemon Media, as Internet bemarking en hosting maatskappy, wil graag n beroep op alle besigheids eienaars doen om spesialis advies hieroor in te win en hulle regte te beskerm in ‘n wêreld waar Internet bemarking en die waarde van Internet besigheid daagliks toeneem.

 

SA Web Awards Winner

Our Portfolio

Our Store

Who's Online

We have 11 guests online

Search this Site

Vox telecom

We Recommend

Banner

Ads by Google

Advertisements

Click here for insurence