As daar nou ooit ‘n gaping was in die mark, dan is dit met aanlyn Afrikaanse advertensies en webtuistes! Ons praat nie eens van kwaliteit advertensies nie want daar is eenvoudig nie Afrikaanse advertensies nie. Miskien ook omdat daar bitter min kwaliteit Afrikaanse webtuistes is.
Hoe dit ookal sy, doen jouself ‘n guns en gaan kyk na ander Afrikaanse webtuistes en kyk dan sommer ook of daar wel Afrikaanse advertensies is. Selfs Afrikaanse televisie kanale word aan die gang gehou met Engelse advertensies! ‘n Verdere goeie voorbeeld is dat selfs Google, wat hom daarop roem dat hy alle taalgroepe bedien, ‘n magdom engelse advertensies afvoer na webtuistes wat in Afrikaans wil adverteer. Kyk maar net na die voorbeeld op www.lekkerafrikaans.com - in die linkerpaneel van daardie blad is daar ’n “Google AdSense” advertensieblok - die opskrif is in Nederlands (”Ads door Google”) en jy is gelukkig as jy twee uit die vier of meer advertensies wat afgevoer word in Afrikaans gaan sien! [Ons werk daaraan om hierdie situasie ook te verander]
Afrikaanssprekende verbruikers is ‘n geweldige groot en koopkragtige nismark. Afrikaanssprekendes hou ook daarvan (dalk meer as meeste ander taalgroepe) om op ‘n kreatiewe manier vermaak te word en om hul koop-impulse gestimuleer te kry. Dalk is dit omdat mens wel uiters kreatief kan wees in Afrikaans.
So hoekom dan nie saam met ons hierdie nuwe veld betree nie? Laat ons jou Afrikaanse webtuiste en advertensies ontwerp.
Ons is beslis nie rigied in ons denke nie en maak voorsiening vir ‘n verskeidenheid van groottes, tipes en verskillende pakkette van advertensies en webtuistes - ingeslote groot Inhoudsbestuurstelsels tot dagjoernale tot klein effektiewe webtuistes.
Dit is ons doel om saam ’n veldtog te beplan en ‘n pakket te beding om maksimale blootstelling te bewerkstellig.
Al ons pakette is in ooreenstemming met Internet advertensie standaarde so jy sal dieselfde advertensie ook kan gebruik op ander webtuistes wat voldoen aan hierdie standaarde.
Sodra ooreengekom is oor die spesifieke pakket sal ons die webtuiste en/of advertensie ontwerp volgens die spesifikasies soos ooreengekom. Publikasie sal dan geskied sodra goedgekeur deur die kliënt.
Kontak ons gerus om jou Afrikaanse veldtog te bespreek. Om dinge so maklik moontlik te maak, besoek gerus ons “Kontak ons” bladsy waar jy al die nodige inligting sal kry om die bal aan die rol te sit.
Ons verneem graag van julle.



